Pretoria, South Africa

cdp@cdpauctioneers.co.za

+27 (0) 76 101 9996

Auction Results

Transveld Meatmasters het op 31 Augustus hul jaarlikse veiling aangebied in Pretoria te Conrad Herbst Kleinveesentrum. Die veiling is aangebied deur Wholesome Auctions.

Volgens die afslaer, Corne Du Plessis, is die goeie pryse toe te skryf aan die goeie reens en kwaliteit diere wat aangebied is.

Die belangstelling na die veiling was goed met 46 geregistreerde kopers. Die aanbod was van hoogstaande gehalte en dit word weerspieel in die pryse.

Die aangetekende ooie is teen n gemiddeld van R 4 559.14 verkoop. Die kopers het sterk en positief gebie tot en met die laatste lot. Die 2de seleksie ooie is verkoop teen n gemiddelde prys van R 2 856.25. Slegs 2 ramme is nie verkoop nie.

Die duurste ooi is verkoop vir n prys van R 13 000.00 deur PW Van Heerden van Red Ribbon Meatmasters, Wesselsbron. Die koper was Wian Nel van African Elite Commercial Farming, Pretoria.

Die duurste ram is verkoop deur Sarie Pieterse van Greylingstad vir n prys van R 8 500.00 aan Witswart Boerdery van Stoffberg.

Auction Location

Auction Images