Pretoria, South Africa

cdp@cdpauctioneers.co.za

+27 (0) 76 101 9996

Auction Results

Kalahari red Veilingsverslag – Auction results:

Die jaarlikse Kalahari red veiling is aangebied deur CDP Afslaers te Conrad Herbst Kleinveesentrum op Saterdag 24 Februarie 2018. Die veiling is goed ondersteun en die pryse wat behaal is wys dat die vraag na die ras groot is. Van heinde en verre het telers en verkopers gekom om die dag mee te maak. Die veiling is ook baie sterk ondersteun deur ons buurlande Zimbabwe en Botswana.

 

Dit was da nook Botswana telers wat die duurste betaal het vir diere. Josef Kleynhans van Dhidejak Boerbokke en Kalahari Reds wat vir beide ramme en ooie die hoogste prys behaal het. Sien uitslae onder asook inligting met fotos.

 

Josef Kleynhans het ook n besonderse ooi geskenk ten bate van die Rachelle Van Der Merwe Mediese hulpfonds. Rachelle en Jaco Van der Merwe met hul kinders is bekende figure in die bokbedryf en is baie geliefd. Rachelle is ernstig siek en geld word ingesamel vir haar behandeling. Josef se ooi is gekoop deur Phillip Du Toit vir R 21 000.00. Mense wat bydraes wil maak na die fonds is welkom en sal waardeer word.

 

Josef Kleynhans het aangebied 5 stoetooie. Die gemiddelde prys behaal per ooi was n allemuntige R 17 400.00 met die hoogste prys wat behaal is R 22 000.00.

Josef se 2 ramme het behaal R 55 000.00 en R 14 000.00 onderskeidelik.

DESCRIPTION VALUE
TURNOVER 1,052,750.00
QTY SUPPLIED 150.00
QTY SOLD 136.00
QTY NOT SOLD 14.00
% SOLD 90.00
MAXIMUM PRICE SOLD 55,000.00
MINIMUM PRICE SOLD 1,500.00
AVERAGE PRICE SOLD 7,788.17

 

Beskrywing-Discription QTY MAX_AMT AVG_AMT  
Ewes:  
Kudde dragtig – Flock pregnant 32  8,250.00 3,945.31  
Stoet dragtig – Stud pregnant 35  

21,000.00

8,485.71  
Kudde nie dragtig – Flock not pregnant 16  8,000.00 3,703.13  
Stoet nie dragtig – Stud not pregnant 32 22,000.00 8,039.06  
Rams:  
Kudde – Flock 12 26,000.00 9,166.67  
Stoet – Stud  9 55,000.00 22,555.56  
Total sold 136        
 

Omset R 1,052,749.85